Covid19 het die realiteit van die dood nader gebring aan elkeen van ons as ooit tevore. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons geliefdes om te sorg dat ons sake in orde is. Selfs indien jy ‘n testament het, mag dit verouderd wees. Dalk het jy intussen getrou of nuwe bates aangeskaf. Dalk is daar kinders gebore of oppad.
Jou testament mag “by die bank wees” – dit skep vals sekuriteit. Banke dra nie jou belange op die hart soos familie nie. Banke is nie regsadviseurs nie. Banke kan nie deskundige advies oor erfregsake gee nie. Indien ‘n bank aangestel is as eksekuteur in jou boedel, verander dit onmiddellik. Jy het iemand, soos ‘n naasbestaande nodig wat jy met jou bates kan vertrou – iemand wat simpatiek sal wees teenoor jou wederhelf en jou geliefdes. Jy is altyd vry om ‘n prokureur aan te stel om die boedel te beredder, maar jy hou die beheer. Kry vandag gemoedsrus.