Egskeidings en Huweliksreg
Has your marriage regime been taken care of before you get married? What is the best marriage regime? We advise on, draft and register antenuptial contracts.
Maak seker jy weet hoe dit werk voordat jy in die huwelik tree.
A divorce is never a nice experience, and can be even more daunting if the parties are not well represented. Christo Smith Attorneys in Nelspruit have many years of experience in dealing with divorce issues, curbing costs and negotiating settlements.
Afgesien van die egskeiding self, is daar baie verbandhoudende sake wat hangende die geding spesiale aandag verg.
Beskermingbevele in terme van die Wet op Gesinsgeweld is dikwels nodig waar ‘n party mishandel word.
Tussentydse onderhoudsbevele en bevele oor toesig en sorg van kinders waar ‘n party aan die genade oorgelaat word, is dikwels aan die orde van die dag.
Wees versigtig vir regspraktisyns wat sake veg met die uitsluitlike doel om die partye se bates te verkwansel. Uitgerekte litigasie en gevegte oor beuselagtighede wat koste opjaag, moet vermy word. Wees ook versigtig vir daardie advertensies in die pers van “goedkoop egskeidings” deur ongekwalifiseerde of geskrapte persone. Dit lei altyd tot probleme, langtermyn nadelige gevolge en groter kostes.
Dispute oor toesig (residensie) van minderjarige kinders, onderhoud en bates is gemeensaak in egskeidingsgedinge. Die verkeerde advies kan langtermyn noodlottige gevolge inhou.
Ons sal jou lei deur die hele proses, seker maak jou tussentydse behoeftes is versorg en ‘n beter toekoms vir jou en jou kinders verseker.