Kontrakte en Regsdokumente
Koop of verkoop jy ‘n huis of ‘n plaas? Vra iemand dat jy ‘n haastig geskrewe leningsooreenkoms “net gou” moet teken? Moenie enige kontrak teken alvorens jy jou prokureur geraadpleeg het nie.
Kontrakte het ingrypende gevolge en moet deur deskundiges voorberei word. Verskeie wetgewing is op verskillende kontrakte van toepassing. Deur regskoste te bespaar, kan jou duur te staan kom. Ook om besigheid te doen of jou huis te verhuur sonder ‘n ooreenkoms op skrif.
Goedkoop koop is duur koop. Raadpleeg ons.
Wetgewing oor uitsettings is vreesaanjaend. Agente wat hul sout werd is, sal altyd verstaan as jy eers jou prokureur wil raadpleeg voor jy teken. Doen dit.
Christo Smith Prokureurs adviseer oor ‘n groot verskeidenheid van kontrakte en dokumente, onder andere, koopkontrakte van grond en besighede, vennootskapskontrakte, samewerkingsooreenkomstre, skuldbewyse, leningsooreenkomste, borgstellings en verbandaktes.