Landdroshof en Hooggeregshof Litigasie
Christo Smith Prokureurs Ingelyf spesialiseer in Landdroshof en Hooggeregshof litigasie. Ons is ook verskyningsbevoeg in die Hooggeregshof.
Wat is litigasie?
Litigasie is die algemene term vir beslissing van geskille deur die Hof. Meestal behels dit die verhaling van geld wat na bewering aan ‘n party geskuld word. Dit kan ook verskeie ander tipe eise behels, soos geskille oor kontrakte, uitsettings van onregmatige okkupeerders, verhaling van huurgeld, motorbotsingeise, en egskeidings. Baie ander gespesialiseerde eise bestaan. Indien u twyfel of u aksie kan instel in ‘n bepaalde geval, sal ons u adviseer.
Verskynings
The firm does all its own appearances in civil matters in the Magistrate’s Court as well as in the High Court. It is not cost effective to appoint counsel in Magistrate’s Court litigation. A very small portion of counsel’s fees can in any event be recovered from the other party in the Magistrate’s Court. It however remains the client’s choice.
Ons direkteure doen alle onbestrede en meeste bestrede Hooggeregshof verskynings.
Jurisdiksie
Die Landdroshowe bestaan uit Distriksafdelings en een Streekafdeling vir elke streek.
Die jurisdiksie van die Landdroshof wat bedrae betref is in die Distrikshof beperk tot R200 duisend rand en in die Streekhof tot R400 duisend rand. Alle eise bokant die Streekhof se monitêre jurisdiksie moet in die Hooggeregshof ingestel word.
Die Streekhof het ook jurisdiksie in egskeidingsake. Tensy ‘n egskeiding ingewikkeld is of die teenkant reeds aksie in die Hooggeregshof ingestel het, verkies ons om aksie in te stel in die Landdroshof.
