Christo Smith

Christo Smith

Christo Smith

Attorney, Director / Prokureur, Direkteur

013 753 3187

christo@csprok.co.za

Christo is gebore op 4 Februarie 1954 en matrikuleer in 1971 aan die Lindense Hoërskool in Johannesburg.

Hy verwerf in 1975 die graad BA (Regte) aan die Randse Afrikaanse Universiteit en in 1981 die LLB graad aan Unisa. Hy voltooi sy klerkskap by die firma Haasbroek & Boezaart in Pretoria en word in 1983 toegelaat as prokureur.

Hy verwerf ook in 1989 die kwalifikasie SERTBBP (UNISA) in trusts en gevorderde boedelbeplanning. Christo praktiseer tussen 1984 en 1998 as vennoot in die firmas Pienaar & Smith in Johannesburg en D P du Plessis & Vennote in Pretoria en verhuis in 1989 na Nelspruit waar hy die firma Christo Smith Prokureurs Ingelyf vestig en sedertdien praktiseer.

Christo spesialiseer die afgelope 30 jaar in Hooggeregshof en Landdroshof litigasie, in besonder uitsettings, huureise, kontraktereg en egskeidings.

Hy het ook ondervinding in die koöperatiewe reg, onder andere die oprigting en administrasie van trusts, die bereddering van boedels en boedelbeplanning in die algemeen.

Christo is die outeur van verskeie akademiese artikels asook die LexisNexis pubikasies Eviction & Rental Claims : A practical Guide en Civil Practice in Magistrates’ Courts : The Practitioner’s manual. Wanneer hy nie werk nie speel hy graag gholf of ontspan in die Krugerwildtuin.

afAfrikaans