Annatjie Smith
Annatjie Smith
Kantoorbestuurder / Office Manager
013 753 3187
as@csprok.co.za
Annatjie Smith is gebore op 14 Augustus 1954. Sy matrikuleer aan die Hoƫrskool Brits in 1972 en behaal die BA graad in Kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit in 1975.
In 1976 word sy aangestel as sekretaresse in die ministerie van Inligting en later in die ministerie van Openbare Werke waar sy ook waarneem as privaat sekretaresse.
Sy kwalifiseer as eiendomsagent in 1981 en bedryf haar eie eiendomsagentskap tot 1989 waarna sy saam met haar man met wie sy in 1976 getroud is, na Nelspruit verhuis. Sedertdien is Annatjie die firma se finansiƫle bestuurder.
Annatjie is ān junior Springbok gimnas en het in 1969 deelgeneem aan die Internasionale Gimnastrada in Switzerland.
Sy behartig tans die firma se finansies asook die beplanning en organisasie van die landswye seminare wat die firma oor Uitsettings en verskeie ander onderwerpe aanbied. Sy is getroud met Christo het hulle het drie seuns.